Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden: Openbare inenting sal wys entstof is veilig

Die aangewese Amerikaanse president, Joe Biden, het Donderdag gesê hy sal in die openbaar teen die koronavirus ingeënt word om die veiligheid daarvan te illustreer.

Dit kom nadat drie voormalige presidente – Bill Clinton, George W. Bush en Barack Obama – ook onderneem het om in die openbaar ingeënt te word.

Biden het in ’n CNN-onderhoud gesê mense het vertroue verloor in die vermoë van die entstof om te werk.

Die Covid-19-sterftes in die VSA het in die afgelope twee dae met meer as 2 000 gestyg. Sowat 200 000 nuwe gevalle is Woensdag in Amerika aangemeld en bykans 100 000 pasiënte word tans landwyd in hospitale behandel.

Biden het ook bekend gemaak dat hy dr. Anthony Fauci, hoof van die VSA se instituut vir oordraagbare siektes en lid van pres. Donald Trump se koronavirus-taakspan, gevra het om as top-adviseur aan te bly wanneer hy volgende maand die land se nuwe president word.

Brittanje se regulerende owerhede het reeds Pfizer Inc se entstof goedgekeur, terwyl die Amerikaanse voedsel-en-dwelmadministrasie op 10 Desember gaan besluit of die land dit ook op ’n noodgrondslag kan doen.

Entstowwe kan bykans onmiddellik daarna in die land versprei word.

Fauci, wat vroeër die dag met Biden se adviseurs oor die pandemie vergader het, was egter krities oor die goedkeuringsproses in die Verenigde Koninkryk en meen dat dit oorhaastig gedoen is.

Joe Biden, aangewese president van Amerika, verlaat verlede maand ’n inligtingsessie van sy Covid-19-oorgangsraad in Wilmington, in die deelstaat. Foto: Reuters

Trump het dikwels Fauci se beroepe om aggressiewer maatreëls teen die Covid-19-pandemie, wat reeds 273 000 lewens in die land geëis het, gekritiseer.

Donderdag het Trump en die Republikeinse Nasionale Komitee bekend gemaak dat hulle reeds $207,5 miljoen sedert die verkiesing op 3 November ingesamel het.

Trump het sy ondersteuners gevra om geld te skenk om die pak slae wat hy in die uitslag van die presidentsverkiesing gekry het om te keer. Hierdie pogings het tot dusver geen vrugte afgewerp nie. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Amerika  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.