Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden praat alleen met media ná Poetin-gesprek
Pres. Joe Biden.Foto: Reuters

Pres. Joe Biden van Amerika gaan joernaliste alleen toespreek ná sy ontmoeting met sy Russiese eweknie, Wladimir Poetin, aanstaande week.

Die 78-jarige Biden wil daardeur moontlik verhoed dat die voormalige KGB-spioen onmin saai en die Weste aanval.

“Ons verwag dat die vergadering openhartig en reguit sal wees,” het ’n amptenaar van die Withuis gesê.

’n Enkel-nuuskonferensie is die toepaslike formaat om die onderwerpe wat op die vergadering ter sprake gekom het, duidelik met die vrye media te kommunikeer – wat betref dit waaroor ons kan saamstem asook gebiede waaroor ons groot kommer het,

“’n Enkel-nuuskonferensie is die toepaslike formaat om die onderwerpe wat op die vergadering ter sprake gekom het, duidelik met die vrye media te kommunikeer – wat betref dit waaroor ons kan saamstem asook gebiede waaroor ons groot kommer het,” het die amptenaar verder gesê.

Biden en Poetin (68) vergader Woensdag in Genève oor strategiese kernstabiliteit en die verslegtende verhouding tussen die Kremlin en die Weste.

Poetin bestempel bande met die Verenigde State as die swakste in jare. Op ’n vraag oor Biden, wat hom in Maart tydens ’n onderhoud ’n moordenaar genoem het, het Poetin gesê hy het al tientalle sulke beskuldigings gehoor.

Biden het gesê die Verenigde State sal op ’n robuuste wyse reageer as Moskou betrokke raak by skadelike aktiwiteite. Rusland, daarenteen, sê die Weste word aangegryp deur anti-Russiese histerie en dat die land sy belange sal verdedig soos wat hy goeddink.

Die Britse premier, Boris Johnson, wat ’n beraad aanbied vir G7-leiers, onder wie ook Biden, het aan CNN gesê die Amerikaanse president sal “’n taai boodskap” aan Poetin oordra, en “dit is iets wat ek net sal goedkeur”. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Wladimir Poetin  |  Gesprek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.