Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden staak bouwerk aan Trump-muur op Mexiko-grens

Die Amerikaanse departement van verdediging het Vrydag bekend gemaak dat bouwerk aan oudpres. Donald Trump se muur op die grens met Mexiko gestaak word.

Die projek is met militêre geld gefinansier, berig The Guardian.

Trump het in 2019 ’n noodtoestand verklaar om geld na die muurbouprojek te kon kanaliseer, maar pres. Joe Biden het op 20 Januarie reeds ’n proklamasie uitgevaardig waarin hy gelas het dat alle grensmuurprojekte bevries word. Hy het ook gevra dat die wettigheid van die finansiering- en kontrakteringsprosesse hersien word.

Jamal Brown, Pentagon-woordvoerder, sê die departement van verdediging gaan nou alle bouprojekte om die grens te versper staak.

Die geld wat daarvoor gebruik is, was oorspronklik bedoel vir ander militêre projekte, onder meer skole vir militêre amptenare se kinders en buitelandse militêre bouprojekte in lande wat vennootskappe met die VSA het.

Die geraamde miljarde dollars wat op dié manier herwin sal word, gaan gebruik word vir militêre bouprojekte wat uitgestel moes word.

LP’s het Trump se destydse verskuiwing van geld van die Pentagon skerp gekritiseer omdat hulle gemeen het dit hou gevare in vir nasionale veiligheid en dat die kongres omseil is.

NBCNews berig die Amerikaanse kongres het in 2019 geweier om geld toe te ken vir Trump se muurprojek.

Die weermag het in 2019 gesê meer as 120 bouprojekte sal negatief geraak word deur Trump se besluit oor die bou van ’n muur. Dit is nog nie duidelik of alle bouwerk aan die muur met Mexiko nou gestaak sal word nie, maar skade wat die bou van die grensmuur aan ’n vloedvoorkomingstelsel veroorsaak het, sal herstel word. Aandag sal ook gegee word aan gronderosie wat weens die bouwerk ontstaan het.

Die muur sal egter nie verleng word as deel van die herstelwerk nie, berig Bloomberg.com.

Meer as $14 miljard in belastingbetalersgeld is aan Trump se muurprojek bestee.

Meer oor:  Donald Trump  |  Joe Biden  |  Mexiko  |  Gestaak  |  Muur  |  Bouwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.