Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden verklaar 20 Jan. tot nasionale dag van eenheid

Biden verklaar 20 Januarie tot nasionale dag van eenheid

Pres. Joe Biden het ure ná sy inhuldiging Woensdag 20 Januarie tot ’n nasionale dag van eenheid verklaar.

Biden het in sy toespraak ná sy beëdiging sterk klem op eenheid gelê om vrede in Amerika te verseker, ná ’n tyd van ongekende verdeeldheid onder sy voorganger, Donald Trump.

Hy het dit verder gevoer met die uitvaardiging van ’n proklamasie van ’n nasionale dag van eenheid en ’n beroep op “die mense van ons nasie gedoen om byeen te kom en die volgende verhaal van ons demokrasie te skryf”.

Hy skryf dit word gedoen op ’n oomblik in die land se geskiedenis wat ’n groot gevaar en belofte inhou. Dit is weens die pandemie, die eerste binne die bestek van ’n eeu, ’n historiese en verswakkende ekonomiese krisis en om rassegeregtigheid te bewerkstellig, ’n kwessie wat al 400 jaar sloer. Dan is daar die klimaatkrisis en die toename in politieke ekstremisme en plaaslike terrorisme, wat slegs dae gelede in die hoofstad tot uitbarsting gekom het. Dit broei egter reeds lank en moet getakel en uitgeroei word.

Biden sê hy en Kamala Harris, die visepresident, kan saam met die mense die uitdagings wat voorlê te bowe kom om “die siel van Amerika te herstel, maar dit vereis die kloppende hart van ’n demokrasie: eenheid.

“‘Met eenheid kan ons die pandemie klop. Ons kan die ekonomie herbou en almal insluit. Ons kan regmaak wat verkeerd is en die sistemiese rassisme in ons land uitwis. Ons kan die klimaatkrisis met Amerikaanse werksgeleenthede en vindingrykheid takel,” het hy gesê.

“Ons kan ons demokrasie beskerm deur mekaar nie as teenstaanders te sien nie, maar as mede-Amerikaners. Die wêreld sal kan sien dat ons nie net met die voorbeeld van krag kan lei nie, maar deur die krag wat ’n voorbeeld kan stel.”

Biden sê in sy proklamasie hy bid dat dié oomblik hulle die krag gee “om hierdie huis te herbou op rots, wat nooit weggespoel kan word nie.

“Soos in die gebed van sint Franciskus: Waar daar onenigheid is, is eenheid; waar daar twyfel is, is daar geloof; waar daar duisternis is, is daar lig.”

In sy toespraak het hy ’n eed afgelê as president vir alle Amerikaners en hy vra alle Amerikaners om by hom aan te sluit op hierdie pad van demokrasie.

“Mag hierdie storie ons verenig as mede-Amerikaners en as die Verenigde State van Amerika.”

Meer oor:  Joe Biden  |  Inhuldiging  |  Venezuela  |  Juan Guaidó  |  Amerikaanse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.