Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden wil hê lande moet saamstaan teen China
Kloksgewys van links is Angela Merkel, die Duitse bondskanselier, die Franse president, Emmanuel Macron, die Britse premier, Boris Johnson, pres. Joe Biden van Amerika, die Kanadese premier, Justin Trudeau, die Italiaanse premier, Mario Draghi, Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, Charles Michel, president van die Europese Raad, en die Japanse premier, Yoshihide Suga, by die G7-beraad in Cornwall, Brittanje.Foto: AP

Leiers van die G7-lande het Saterdag ’n infrastruktuurplan bekend gestel vir die ontwikkelende wêreld om met China mee te ding.

Die Associated Press berig nie almal by die G7-beraad, wat in Brittanje gehou word, het dadelik saamgestem oor hoe Beijing in die openbaar aangevat moet word oor onder meer sy praktyk van dwangarbeid nie.

Die voorstel oor arbeidspraktyke is deel van pres. Joe Biden van Amerika se veldtog om as eenheid saam te staan om in die komende eeu ekonomies met China te kan meeding.

Terwyl lande ingestem het om teen China mee te ding, was daar onsekerheid oor watter posisie hul teenoor Beijing moet inneem.

Kanada, Brittanje en Frankryk het grotendeels saamgestem met Biden se vermaning dat China se praktyke van dwangarbeid veroordeel moet word, terwyl Duitsland, Italië en die Europese Unie meer huiwerig was.

Luidens ’n berig deur CNN het die Franse president, Emmanuel Macron, ná ’n vergadering met Biden die Amerikaanse leier lof toegeswaai.

Macron het Biden bedank vir hul vroeëre informele bespreking Vrydag, toe die twee vir die eerste keer persoonlik ontmoet het. Hy het ook na Biden verwys as “deel van die klub” ná ’n meer gespanne verhouding met sy voorganger, Donald Trump.

Ons moet die pandemie en die Covid-19 takel. Ons moet baie uitdagings die hoof bied, baie krisisse soos klimaatsverandering. Vir al dié kwessies is samewerking nodig, en ek dink dit is wonderlik om ’n Amerikaanse president as deel van die klub te hê,

“Ons moet die pandemie en die Covid-19 takel. Ons moet baie uitdagings die hoof bied, baie krisisse soos klimaatsverandering. Vir al dié kwessies is samewerking nodig, en ek dink dit is wonderlik om ’n Amerikaanse president as deel van die klub te hê,” het Macron Saterdag aan joernaliste gesê.

Volgens EuroNews het G7-leiers Saterdag die kern van wêreldwye kwessies aangepak en veral gefokus op hoe om toekomstige pandemies te voorkom en multilateralisme te verdedig.

Die verwagte “Carbis Bay”-verklaring – genoem na die oord waar die beraad gehou word – is deur die kantoor van Boris Johnson, Britse premier, as “histories” bestempel en sal na verwagting ’n reeks verbintenisse bevat oor maatreëls om nog ’n wêreldwye gesondheidskrisis te vermy.

Ander kwessies wat op die beraad bespreek word, is die ontwikkeling van entstof en maniere om die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te hervorm en te versterk.

Meer oor:  Joe Biden  |  China  |  G7
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.