Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden wil met Poetin vergader

Pres. Joe Biden van Amerika het Dinsdag gesê dit is sy “hoop en verwagting” om in Junie gedurende ’n beplande besoek aan Europa met sy Russiese eweknie te vergader.

CNN berig dat Biden hoop dit kan ’n mate van voorspelbaarheid in ’n toenemend gespanne verhouding tussen die twee lande bewerkstellig.

Pres. Joe Biden van Amerika. Foto: Reuters

“Ons werk daaraan,” het Biden by die Withuis gesê en voorgestel dat sy voorgenome samesprekings met pres. Wladimir Poetin so vroeg soos middel aanstaande maand kan plaasvind. Hy sal dan in Europa wees, waar hy sal poog om op sy eerste buitelandse besoek as president trans-Atlantiese betrekkinge te herstel.

Biden het gereageer op ’n vraag oor of hy beplan om gedurende sy komende reis met Poetin te vergader. Sy reis sluit in ’n stop by die G7-beraad in Engeland en berade van Navo en die Europese Unie in België. Die geleenthede vind tussen 11 en 14 Junie plaas.

Amptenare het voorgestel dat ’n vergadering met Poetin waarskynlik ná al die geleenthede sal plaasvind aangesien Biden waarde sal heg aan konsultasies met Westerse leiers voordat hy met Poetin sal vergader.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland. Foto: Reuters

Reuters berig dat amptenare met hul Russiese eweknieë saamwerk om ’n beraad tussen Biden en Poetin in ’n derde Europese land te beplan. Maar dit bly ’n ope vraag of ’n ooreenkoms bereik sal word.

Betrekkinge tussen Rusland en Amerika was die afgelope ruk gespanne, met die Biden-administrasie wat Russiese diplomate uitgeskop en sanksies ingestel het weens beweringe dat Moskou kuberaanvalle uitgevoer en teen Amerikaanse belange opgetree het. Rusland het die beweringe ontken. CNN, Reuters, Sputnik News




Meer oor:  Joe Biden  |  Wladimir Poetin  |  Europa  |  Vergader  |  Besoek  |  Leiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.