Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Biden wil troepe uit Afganistan onttrek 20 jaar ná 9-11

Pres. Joe Biden van Amerika het Woensdag bekendgemaak dat hy Amerikaanse troepe uit Afganistan wil onttrek om 20 jaar van militêre teenwoordigheid in dié land af te sluit.

Biden het Woensdag in ’n toespraak by die Withuis hom ten doel gestel om die 2 500 Amerikaanse troepe, wat in Afganistan agtergebly het, nie later nie as 11 September te onttrek. Die onttrekking van troepe sal op 1 Mei begin.

“Ek is nou die vierde Amerikaanse president wat in bevel is van ’n Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Afganistan. Twee Republikeine. Twee Demokrate,” het Biden gesê. “Ek sal hierdie verantwoordelikheid nie aan ’n vyfde oorgee nie.”

“Dit is tyd om Amerika se langste oorlog te beëindig. Dit is tyd dat Amerikaanse troepe huis toe kom,” het hy gesê.

11 September is ’n simboliese datum omdat dit 20 jaar is ná die aanvalle deur die terreurgroep Al-Kaida op die Verenigde State wat oudpres. George W. Bush destyds genoop het om op te tree. Die oorlog in Afganistan het tot die lewensverlies van 2 400 Amerikaanse troepe gelei en na raming $2 miljard gekos.

In 2011 was daar altesaam 100 000 Amerikaanse troepe in Afganistan ontplooi.

Die Afgaanse president Asjraf Ghani het in reaksie op Biden se aankondiging op Twitter geskryf dat hy die besluit respekteer. Hy het bygevoeg dat “ons saam met ons Amerikaanse bondgenote sal werk om ’n gladde oorgang te verseker” en “ons sal voortgaan om met ons VSA- Navo-bondgenote saam te werk in die voortgesette vredespogings”.

Dit is tyd om Amerika se langste oorlog te beëindig. Dit is tyd dat Amerikaanse troepe huis toe kom.

Amerikaanse amptenare beweer dat hulle jare gelede die leierskap van Al-Kaida in die streek uitgewis het, insluitend die opsporing en dood van die groep se leier, Osama bin Laden, in die naburige Pakistan in 2011.

Amerika se vorige presidente het probeer om troepe uit Afganistan te onttrek, maar die hoop het beskaam deur kommer oor Afgaanse veiligheidsmagte, endemiese korrupsie in Afganistan en die moontlikheid van ’n opstand deur die Taliban in die naburige Pakistan.

Daar heers ook kommer oor die impak wat ’n onttrekking op menseregte in Afganistan sal hê, veral die beskerming van die regte van vroue en kinders oor die laaste twee dekades.

– Reuters

Reuters: https://www.reuters.com/article/us-usa-afghanistan-withdrawal/biden-ready-to-announce-u-s-withdrawal-even-as-peace-eludes-afghanistan-idUSKBN2C10DL

Meer oor:  Afganistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.