Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bidens se hond byt nog ’n werknemer

Pres. Joe Biden van Amerika se hond Major was by nog ’n bytvoorval by die Withuis betrokke.

Major het ’n personeellid van die nasionale parkdiens gebyt terwyl dié Maandagmiddag op die suidelike grasperk gewerk het.

Michael LaRosa, woordvoerder vir die Amerikaanse presidentsvrou, Jill Biden, het aan CNN gesê dat Major steeds by sy nuwe omgewing aanpas.

“Major het gedurende ’n stappie ’n personeellid gebyt. Ons is eerder oorversigtig en het die personeellid laat ondersoek. Hy is nie beseer nie en is terug werk toe.”

Major, ’n driejarige Duitse herdershond, is in 2018 deur die Bidens aangeneem. Hy is die jongste van die egpaar se twee honde.

The Guardian berig dat die hond verlede week saam met die Bidens se ander hond, Champ (12), na die Withuis teruggekeer het nadat hy op 8 Maart ’n personeellid van die veiligheidsdiens gebyt en hom lig beseer het.

Die honde is ná die voorval na die Bidens se huis in Delaware geneem.

SkyNews berig Major het opleiding ontvang om hom te help om gewoond te raak aan die Withuis, waar die honde deur personeel en veiligheidsbeamptes omring word. CNN, The Guardian, SkyNew

Meer oor:  Joe Biden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.