Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bieber ry paparazzo-fotograaf raak
Justin Bieber

Die sanger Justin Bieber het in ’n fotograaf vasgery toe ’n klomp paparazzi ná ’n kerkgeleentheid in Beverly Hills om sy sportnutsvoertuig saamgedrom het.

Die fotograaf se been het seergekry, maar hy is nie ernstig beseer nie. Die voorval het gebeur toe Bieber probeer weggery het.

In video’s van die voorval wat kort daarna op sosiale media versprei is, kan gesien hoe ’n groot, swart voertuig stadig wegtrek en die paparazzo tref. Dit wys ook dat Bieber sowat tien minute lank op die toneel gebly het totdat paramedici en die polisie opgedaag het. Hy het met die polisie gepraat voordat hy die toneel verlaat het.

Die polisie ondersoek die voorval.

* ’n Paparazzo is in 2013 doodgery terwyl hy foto’s van Bieber geneem het. – TMZ

Meer oor:  Bieber  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.