Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Blinken is VSA se minister van buitelandse sake
Anthony Blinken, is Amerika se nuwe minister van buitelandse sake. Foto: Reuters

Die Amerikaanse senaat het Dinsdag pres. Joe Biden se benoeming van die veteraandiplomaat Antony Blinken (58) as minister van buitelandse sake ondersteun en Blinken is as die land 71ste minister van buitelandse sake ingehuldig.

67 stemme van die senaat was ten gunste van Blinken se aanstelling en 17 daarteen.

’n Eenvoudige meerderheidstem was nodig in die Demokraties-beheerde senaat vir sy bevestiging.

Blinken is ’n jare lange Biden-vertroueling wat voorheen in die Amerikaanse senaat was, mees onlangs om te dien as tweede in bevel by die departement van buitelandse sake tydens die bewind van die voormalige Demokratiese president Barack Obama, toe Biden visepresident was.

Blinken se bevestigingsverhoor voor die senaat se komitee vir buitelandse betrekkinge het verlede week glad verloop en Demokrate sowel as Republikeine het hom lof toegeswaai.

*AP News berig Blinken sal verantwoordelik wees om te help met pres. Biden se verbintenis om die Donald Trump-regering se beleid van “America first”, wat internasionale betrekkinge verswak het, om te swaai.

Meer oor:  Antony Blinken
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.