Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bob Dylan nie by Nobelprys se seremonie
Bob Dylan gaan nie self sy Nobelprys vir letterkunde ontvang nie.Foto: Argief

Bob Dylan gaan nie by die seremonie wees om sy Nobelprys vir letterkunde te ontvang nie.

SkyNews berig die sanger en liedjieskrywer het aan die Sweedse Akademie gesê hy wens hy kan die prys persoonlik ontvang, maar ander verpligtinge maak dit ongelukkig onmoontlik om die seremonie in Stockholm op 10 Desember by te woon.

Dylan (75) het die Nobelprys gewen vir die “skepping van nuwe poëtiese uitdrukkings binne die groter Amerikaanse liedjie se tradisie”.

Die akademie wat sedert 1901 die prys oorhandig, het aan Dylan gesê hy moet ’n persoonlike brief skryf waarin hy verduidelik hoekom hy nie die seremonie by kan woon nie.

Vorige pryswenners wat nie die seremonie kon bywoon nie sluit in die Britse draaiboekskrywers Doris Lessing en Harold Pinter en die Oostenrykse draaiboekskrywer Elfriede Jelinek. Hulle het sosiale fobie.

SkyNews berig die akademie sê Dylan moet nog egter sy Nobel-lesing aanbied wat ’n vereiste is. Hy het van 10 Desember ses maande tyd om die lesing aan te bied.

Meer oor:  Bob Dylan  |  Nobel Prize  |  Entertainment  |  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.