Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bob laat miljoene agter, maar sy testament is nog soek
Robert Mugabe
Robert Mugabe Foto: Reuters

Robert Mugabe, die Zimbabwiese president wat in September dood is, het $10 miljoen en ’n paar eiendomme in die hoofstad agtergelaat, maar geen begunstigdes is bekend nie, het die staatsbeheerde Herald Dinsdag geskryf.

Mense in Zimbabwe bespiegel al jare oor die omvang van Mugabe, wat 37 jaar aan die bewind van die land was, se welvaart.

Die Herald het Dinsdag berig Bona Chikowore, Mugabe se dogter, het aan die meester van die hooggeregshof opdrag gegee om haar pa se boedel te registreer.

Die bates sluit in onder meer $10 miljoen, vier huise in Harare, tien motors, ’n plaas, asook sy huis op die platteland.

Een van die eiendomme is die sogenaamde Blue Roof-paleis in ’n luukse voorstad van die hoofstad waar Mugabe gewoon het.

Die lys bevat nie al die plase wat hy na bewering besit het nie. Daar word ook niks gesê van die suiwelonderneming wat hy saam met sy vrou, Grace, bestuur het of enige ander eiendom buite Zimbabwe nie.

Terrence Hussein, Mugabe se advokaat, sê tot nou toe is die testament van die voormalige president nog nie opgespoor nie.

Ingevolge Zimbabwiese wetgewing word die boedel van iemand wat intestaat doodgaan, onder sy eggenoot en kinders verdeel.

“Ons kon nog nie ’n testament opspoor nie, maar het navrae aan ander regsfirmas gerig,” het Hussein in ’n brief aan die hooggeregshof geskryf.

Inskrywings op sosiale media waarin Mugabe se seuns, Robert Junior en Bellarmine Chatunga, met bottels duur sjampanje in ’n Johannesburgse nagklub gesien word en Grace se winkel-uitstappies, het ’n blik op die familie se uitspattige lewenstyl gegee.

’n Regsgeskil in 2014 oor ’n villa van $5 miljoen in Hongkong wys dat Mugabe ook eiendom in die buiteland gekoop het. Die regering het toe gesê hy besit die huis.

Voor sy dood het Mugabe gekla oor die grootte van sy aftreepakket en gesê hy het nie genoeg geld om behoorlik na die instandhouding van die Blue Roof om te sien nie. – Reuters


Meer oor:  Robert Mugabe  |  Testament
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.