Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bolton trap glo op Suid-Korea se tone in sy boek

John Bolton, voormalige Amerikaanse nasionale veiligheidsraadgewer, trap oënskynlik op Suid-Korea se tone in sy boek.

Die boek, The Room Where It Happened: A White House Memoir, is van Dinsdag af te koop, maar die media het vooraf uittreksels daarvan geplaas.

Bolton skryf daarin in besonderhede oor die gesprekke voor en ná die drie vergaderings tussen pres. Donald Trump en Kim Jong-oen van Noord-Korea.

John Bolton Foto: AP

Hy sê pres. Moon Jae-in van Suid-Korea het Trump en Kim opgestook om saam te werk omdat hy sy eie agenda oor hereniging tussen Noord en Suid het.

“Dit weerspieël nie die ware feite nie en verwring sommige,” het Tsjoeng Eui-jong, Suid-Koreaanse nasionale veiligheidsraadgewer, gister gesê. Hy gee nie besonderhede oor die sogenaamde feitefoute nie, maar sê wel dit stel ’n “gevaarlike presedent”.

“Om eensydig gesprekke te publiseer wat op wedersydse vertroue gegrond was, verbreek die beginsels van diplomasie en kan toekomstige bande benadeel.”

Bolton skryf ook glo dat Moon se steun vir albei kante “skisofrenies” is.

Daaroor sê Tsjoeng: “Miskien ly hy daaraan.” – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  John Bolton  |  Amerikaanse President  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.