Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Bom in motor eis kind, lid van veiligheidsmag

’n Kind en ’n lid van die veiligheidsmagte is Vrydag dood in ’n motorbomontploffing in die Irakse stad Mosul.

Tien ander is gewond, het ’n plaaslike mediese beampte gesê.

Bronne sê minstens vyf veiligheidspersoneellede is in die ontploffing in Mosul se Muthanna-distrik beseer.

Dit was die tweede ontploffing in net meer as ’n week in die stad, wat van 2014 tot 2017 die Islamitiese Staat se de facto-hoofstad was. Isis-militante, wat nog op vrye voete in dele van Noord-Irak is, word gewoonlik vir sulke voorvalle blameer. Isis het nog nie verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie.

Mosul is die laaste paar maande deur verskeie bomontploffings getref. Tydens verlede week se aanval het ’n motor vol plofstof ontplof. Twee mense is dood en nog 24 is gewond naby die Universiteit van Mosul.

Militante het hul taktiek aangepas tot opstandige aanvalle sedert die Islamitiese Staat in 2017 in Irak verslaan is en uit gebiede verdryf is wat hy vir jare beheer het.

Isis-militante word tans in die gesig gestaar deur ’n aanval deur VSA-gesteunde magte in Sirië in sommige van die laaste gebiede wat hulle beset.

– Reuters

https://www.reuters.com/article/us-iraq-security-mosul/car-bomb-blast-kills-two-in-iraqs-mosul-medics-idUSKCN1QP24U

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.