Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Boodskap moet nie verlore raak’
Patrick Hutchinson dra ’n vermeende verregse ondersteuner na veiligheid nadat hy die naweek deur BLM-betogers gepak is. Foto: Reuters

Die man wat die naweek in ’n Black Lives Matter (BLM) -betoging in Londen ’n beseerde vermeende verregse na veiligheid gebring het, sê hy het dit gedoen om ’n katastrofe te vermy.

“Ons stemme moet gehoor word. Ons moet ware gelykheid verkry, maar geweld is onnodig,” het Patrick Hutchinson Dinsdag aan Reuters gesê.

Hutchinson, ’n persoonlike afrigter, se onbaatsugtige daad maak wêreldwyd opslae.

“Sy lewe was in gevaar. Ek het hom opgetel, oor my skouer gegooi en reguit na die polisie ge­stap. Op daardie oomblik dink jy nie daaroor nie; jy doen net wat jy moet doen,” het hy aan Channel 4 News gesê.

Hutchinson het Sondag aan CNN gesê dit was die eerste BLM-betoging wat hy bygewoon het.

Hy het die ongeïdentifiseerde wit man gehelp omdat hy nie wou hê die doel van BLM moet verlore raak in een oomblik van geweld nie.

Hy het die ongeïdentifiseerde wit man gehelp omdat hy nie wou hê die doel van BLM moet verlore raak in een oomblik van geweld nie.

Ondersteuners van die BLM-beweging oor die wêreld heen het weer die naweek die strate ingevaar om onder meer polisiehervorming te eis in die nadraai van die dood van George Floyd in Minneapolis wat onder die knie van ’n polisielid versmoor het. Intussen is nog ’n swart Amerikaner, Rayshard Brooks van Atlanta, die naweek deur die polisie doodgeskiet.

“My eintlike fokus was om ’n ramp te vermy, want dit kon verander het in ‘Black Lives Matter: Jong mense maak betoger dood’. Dit was die boodskap wat ons probeer vermy het,” sê Hutchinson.

Hy en sy vriende, wat almal kenners van veiligheid en die Oosterse gevegskuns is, is na Saterdag se betoging “om die vrede te help bewaar”.

Die verregses het met die BLM-betogers slaags geraak en die beseerde man is deur sy vriende agtergelaat.

Hutchinson sê hy het hom opgekrul op trappe sien lê. Hy het beserings aan sy gesig gehad.

Volgens joernaliste op die toneel was die beseerde een van die verregse ondersteuners wat die BLM-betogers teengestaan het.

Hutchinson se vriende het ’n kring om die man gevorm om hom te probeer beskerm.

Volgens joernaliste op die toneel was die beseerde een van die verregse ondersteuners wat die BLM-betogers teengestaan het.

Hutchinson het sy optrede vergelyk met die gebrek aan optrede deur die polisielede in Minneapolis wat by Floyd se dood betrokke was.

“As die ander drie polisielede wat teenwoordig was toe George Floyd vermoor is, daaraan gedink het om in te gryp en hul kollega te keer, sou George Floyd vandag geleef het.

“Ek wil net gelykheid hê – gelykheid vir ons almal. Op die oomblik is die skaal ongebalanseerd en ek wil net hê dat dinge regverdig moet wees vir my kinders en my kleinkinders.”

Die aangrypende foto van waar Hutchinson die beseerde betoger na die polisie neem, is deur Dylan Martinez van Reuters geneem.

Martinez sê hy het gehoor iemand sê “dit is nie hoe ons dinge doen nie” en toe sien hy Hutchinson met die man oor sy skouers na hom toe aanstap.

Saterdag is 113 mense volgens die polisie in Londen in hegtenis geneem nadat geweld uitgebreek het toe verregse groepe die BLM-betogings geteiken het, berig The Guardian.

Meer oor:  Blm-Betoging  |  George Floyd  |  Patrick Hutchinson  |  Boodskap  |  Rassepolitiek  |  Blm  |  Black Lives Matter  |  Rassehaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.