Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Boot sink in meer in DRK, 150 vermis

Sowat 150 mense word vermis nadat ’n boot op die Kivu-meer in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gesink het, het pres. Felix Tshisekedi Dinsdag bekend gemaak.

Delphin Mbirimbi, ’n plaaslike aktivis in die Suid-Kivu-provinsie, het gesê die boot het Maandag uit Noord-Kivu-provinsie vertrek en naby die Kalehe-gebied gesink.

Hy het gesê 33 mense is gered, drie lyke is gevind en die ander 150 passasiers word vermis.

Tshisekedi sê hy hou die situasie fyn dop “om diegene wat verantwoordelik is te identifiseer en te straf”.

Bootongelukke waarin mense sterf is algemeen in die Kongo, ’n uitgestrekte beboste land met min paaie buite die groot dorpe en waar bote dikwels beduidend oorlaai word.

António Guterres, die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, het sy medelye met die land uitgespreek. Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.