Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Boris Johnson is nuwe leier van Konserwatiewe Party

Boris Johnson, die voormalige minister van buitelandse sake, is Dinsdag as die nuwe leier van die Konserwatiewe Party in Brittanje aangewys.

Johnson en Jeremy Hunt, huidige minister van buitelandse sake, was die laaste twee oorblywende kandidate. Minstens 160 000 lede van die Konserwatiewe Party het sedert die begin van die maand vir 'n nuwe partyleier begin stem.

Johnson sal Woensdag amptelik as premier van die land by Theresa May oorneem.

May sal Woensdag nog 'n laaste vraag-en-antwoordsessie in die laerhuis van die parlement toestaan, waarna sy na koningin Elizabeth in Buckingham-paleis sal gaan om haar bedanking in te dien.

Johnson sal ook met die koningin vergader, waarna sy hom sal nooi om 'n nuwe regering saam te stel, wat hom dan magtig om dit te doen.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Theresa May  |  Jeremy Hunt  |  Engeland  |  Premier  |  Verkiesing  |  Britse Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.