Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Boris Johnson kry hupstoot in stryd om premierskap

Boris Johnson se veldtog het Maandag ’n hupstoot gekry toe ’n teenstander in die wedloop om die premierskap van Brittanje sy steun aan Johnson toegesê het.

Boris Johnson

Matt Hancock, minister van gesondheid, is Vrydag uitgeskakel in Konserwatiewe LP’s se eerste ronde van stemmery vir hul nuwe leier.

Hulle moet ’n plaasvervanger kry vir Theresa May, wat reeds as partyleier bedank het en binnekort as premier uittree.

Hancock het 20 stemme gekry.

“Boris bedryf ’n gedissiplineerde veldtog en gaan sekerlik ons volgende premier wees,” het hy aan The Times gesê.

“Myns insiens moet ons vroeër eerder as later begin saamstaan.”

Volgens The Times is daar ’n sterk moontlikheid dat Hancock minister van finansies sal wees in ’n Johnson-kabinet.

Johnson het Vrydag 114 stemme gekry teenoor die 43 vir Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake, 37 vir Michael Gove, minister van omgewingsake, en 27 vir Dominic Raab, Brexit-minister.

Die Tory-LP’s moet vandag in ’n tweede ronde tussen dié vier kies. Kandidate met 32 stemme of minder word uitgeskakel. As al vier meer as 32 stemme kry, word die een met die minste stemme uitgeskop. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Premierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.