Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Boris ‘The Hulk’ Johnson ‘sál Brexit deurjaag’

Boris Johnson, Britse premier, het homself Sondag met die superheld The Incredible Hulk vergelyk toe hy Brexit met die Daily Mail bespreek het.

Een van die foto’s waarmee die spot gedryf word met Boris Johnson nadat hy hom met The Hulk vergelyk het. Foto: Getty Images

Johnson het die naweek in Brussel gesê dat Brittanje nes Hulk, wat daarvoor berug is dat hy alles in sy pad platslaan, uit die Europese Unie (EU) se greep sal breek indien daar teen 31 Oktober nie ’n ooreenkoms bereik kan word nie.

Johnson het aan The Mail on Sunday gesê as die Brexit-besprekings deur die mat val, sal hy die ooreenkoms dat Brexit uitgestel moet word, bloot ignoreer.

“Hoe kwater Hulk raak, hoe sterker raak hy,” het Johnson bygevoeg.

Hy het dié stelling gemaak voordat hy Maandag met Jean-Claude Juncker, uitgaande president van die Europese Kommissie, sou vergader. Dié twee sal beoog om ’n Brexit-ooreenkoms oor middagete te bespreek.

’n Bron in die Britse regering sê Johnson en Juncker het nog nie vergader sedert Johnson vir Theresa May in Julie as premier vervang het nie.

Dié bron sê Johnson en Juncker sal in Luxemburg vergader waar hulle slakke, salm en kaas sal eet.

Twitter-gebruikers het intussen die spot met Johnson gedryf en snaakse foto’s van hom as The Hulk op sosiale media geplaas.

Mark Ruffalo, wat The Hulk in die Avengers-flieks speel, het ook op Johnson se vergelyking gereageer en hom gemaan om te onthou dat Hulk die beste werk wanneer hy saam met sy span is. “Hy is ’n ramp wanneer hy alleen is,” het Ruffalo getwiet.

Maak nie saak hoeveel maniere dié parlement vind om my hande te bind nie, ek sal daarna streef om ’n ooreenkoms in nasionale belang te bereik.

Die Britse parlement is tans tot 14 Oktober opgeskort nadat LP’s weer Johnson se voorstel vir ’n algemene verkiesing van die hand gewys het.

Johnson het ná die stemmery benadruk hy sal op 17 en 18 Oktober met een doel voor oë na die EU-beraad gaan.

“Maak nie saak hoeveel maniere dié parlement vind om my hande te bind nie, ek sal daarna streef om ’n ooreenkoms in nasionale belang te bereik. Hierdie regering sal Brexit nie verder vertraag nie,” het Johnson soos vroeër berig, gesê. Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Europese Unie  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.