Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Bose virus’ kom N-Korea binne

Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het ’n noodtoestand en die sluiting van ’n grensdorp afgekondig nadat iemand wat vermoedelik met die Covid-19-virus besmet is, van Suid-Korea af teruggekeer het nadat hy die grens onwettig oorgesteek het.

Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen Foto: AP

Dit is bevestig dat dit die eerste amptelik erkende Covid-19-geval is, sê Noord-Koreaanse owerhede.

Kim het ’n noodvergadering met die politburo gehou in reaksie op wat hy ’n “kritieke situasie waarin die bose virus die land binnegekom het”, genoem het, berig Noord-Korea se KNCA-staatsnuusdiens.

Iemand wat drie jaar gelede na Suid-Korea oorgeloop het, het met simptome van die virussiekte oor die versterkte grens, wat die twee Koreas skei, na die dorp Kaesong teruggekeer, het KCNA berig.

“Daar was ’n noodgebeurtenis in Kaesong, waar ’n oorloper, wat drie jaar gelede na die suide gegaan het, iemand wat moontlik met die bose virus besmet is, op 19 Julie teruggekeer het,” sê KCNA.

Die nuusdiens het nie gesê of die man getoets is nie, maar het gesê die “onseker resultaat was op grond van talle mediese ondersoeke van die afskeiding van sy boonste lugweë en bloed”. Dit het amptenare genoop om hom in kwarantyn te plaas en almal met wie hy in kontak was, te ondersoek.

Een ontleder sê die aankondiging is belangrik omdat Noord-Korea vir die eerste keer berig oor ’n moontlike Covid-19-virus-geval én aangedui het dat hy om hulp vra.

Een ontleder sê die aankondiging is belangrik omdat Noord-Korea vir die eerste keer berig oor ’n moontlike Covid-19-virus-geval én aangedui het dat hy om hulp vra. “Dit is ’n ysbreker-oomblik vir Noord-Korea om te erken dat daar ’n geval is,” het prof. Choo Jae-woo van die Kyung Hee-Universiteit gesê. “Die land kan moontlik na die wêreld uitreik vir hulp, moontlik vir humanitêre hulp.”

Noord-Korea is onder ekonomiese druk weens internasionale sanksies oor sy kernprogram.

Cho Han-bum, ’n senior lid van die Korea-instituut vir nasionale eenwording in Seoel, sê dit is beduidend dat Noord-Korea gesê het sy eerste moontlike Covid-19-geval is ingevoer.

“Noord-Korea is in so ’n nypende situasie dat hy nie eens die Pjongjang- algemene hospitaal betyds klaar gebou kry nie. Die noorde plaas die blaam op ’n ‘ingevoerde geval’ van Suid-Korea as ’n manier om openlik hulp van Suid-Korea te aanvaar,” sê Cho.

Noord-Korea het duisende koronavirus-toetsstelle van Rusland gekry en streng grenssluitings toegepas.– Reuters

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Koronavirus  |  Grens  |  Noodtoestand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.