Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Botanis (104) reis na Switserland vir genadedood
Prof. David GoodallFoto: Twitter

’n Australiese wetenskaplike wat die afgelope naweek na Switserland gereis het om ’n genadedood te sterf sal na verwagting Donderdag deur middel van ’n dodelike inspuiting in die Life Circle-kliniek sterf.

Prof. David Goodall (104), ’n bekroonde ekoloog en botanis, het aan CNN gesê dat hy self besluit het op genadedood omdat hy sowat vyf of tien jaar gelede opgehou het om sy lewe te geniet. “My lewe het daaruit bestaan om in die veld uit te gaan en te werk, maar ek kan dit nie meer doen nie.

“Ek sal daarvan hou om weer in die veld te loop en te kan sien wat rondom my aangaan,” het Goodall, wat in ’n rolstoel is, gesê.

Goodall, wat nie aan ’n terminale siekte ly nie, het spesifiek vir hierdie doel na Switserland gereis omdat genadedood onwettig in Australië is.

“Ek is spyt dat ek hierdie ouderdom bereik het. Ek is nie gelukkig nie. Ek wil sterf. Die eintlike hartseer is wanneer ’n mens verhoed word om te sterf,” het hy aan die BBC gesê.

Volgens 9NEWS hoop die pa van vier en oupa van 12 dat sy genadedood ’n boodskap aan wetgewers in Australië sal stuur.

“Die boodskap wat ek wil uitstuur, is dat sodra ’n mens die ouderdom van 50 of 60 bereik, moet jy self kan besluit of jy nog wil lewe of nie,” berig 9NEWS. “Ek dink ons het nog ’n lang pad om te stap. Ek sou graag die stelsel wou sien verander, maar dink nie dit gaan binne die volgende tien jaar gebeur nie.”

Goodall erken dat hy jammer voel nadat hy verlede week by familie in Frankryk gekuier het en van hulle moes afskeid neem. “Dit is egter hoe dit is,” het hy gesê.


Meer oor:  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.