Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brand in Nieu-Seeland kan nog weke voortduur

Veldbrande wat in Nieu-Seeland woed, sal na verwagting nog weke lank voortduur, waarsku kenners.

Alesame 3 000 mense is ontruim weens die brand op die Suid-Eiland. Die brand het meer as ’n week gelede in die stad Nelson uitgebreek.

“Dit is steeds baie warm en daar is ’n groot gebied wat nog nie gebrand het nie,” het John Sutton, bestuurder van die brand- en nooddienste in die streek, aan The Guardian gesê.

“Hoewel ek voel dat ons dalk ’n keerpunt kan bereik, sal brandweerpersoneel tot in Maart met die brande besig wees.”

Duisende mense het uit hul huise in die Tasman-distrik gevlug. Owerhede beplan om Maandag die ontruimde inwoners na hul huise te laat terugkeer.

Volgens Ellie van Baaren, woordvoerder van die Rooi Kruis in Nieu-Seeland, is die ontruimde inwoners “baie moeg en gefrustreerd”.

“As jy jou huis en in sommige gevalle jou vee en diere moet verlaat en jy weet nie wat van hulle geword het nie en jy woon saam met vriende en familie, dan is dit ’n onsekere situasie vir almal,” sê sy.

The Guardian berig die aanvanklike brand is deur ’n vonk van landboumasjinerie veroorsaak.

Kenners waarsku dat bosbrande soos hierdie een meer algemeen kan word aangesien Nieu-Seeland droër word en meer geneig is tot droogte, weens klimaatsverandering.

Die BBC berig dat die brand nou die stad van Wakefield bedreig. Die brand is die ergste bosbrand in Nieu-Seeland sedert 1955.

Twee vliegtuie en 23 helikopters is ontplooi om die vlamme te takel. Reënvoorspelling vir die gebied sal na verwagting Dinsdag die brandsone misloop.

Soos vroeër berig, is ’n gebied van meer as 2 300 ha teen Sondag vernietig. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie. Reuters

Meer oor:  Brande  |  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.