Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Australiese bestryders groet kollega wat in bosbrand sterf

Met hul hand op hul hart het brandbestryders in Australië Dinsdag een van hul kollegas vir die laaste keer gegroet nadat hy in die bosbrand dood is.

Andrew O’Dwyer (36) is een van drie brandbestryders wat dood is nadat bosbrande in September 2019 in Australië uitgebreek het.

O’Dwyer en sy kollega, Geoffrey Keaton, is op 19 Desember dood nadat ’n boom wat gebrand het voor hul brandweerwa geval en die voertuig gerol het.

Die derde brandbestryder is laat Desember in ’n afsonderlike voorval dood.

Die BBC berig 2 000 huise is vernietig en 25 mense is tot dusver in die brande dood.

Brandbestryders het Dinsdag koeler toestande benut om die voorbrand rondom die 200 bosbrande te versterk, hoewel hulle voorberei vir temperature wat teen Vrydag weer gaan styg en ’n sogenaamde megabrand kan laat ontstaan.

Intussen gaan Scott Morrison, premier, met banke en versekeringmaatskappye vergader om die krisis te bespreek.

Soos vroeër berig het Morrison Maandag aangekondig dat die regering “wat dit ook al kos” sal betaal om van die verwoesting te herstel, terwyl daar amptelik besluit is om A$2 miljard oor die volgende twee jaar beskikbaar te stel.

Baie ondernemings moes sedert die bosbrande uitgebreek het hul deure sluit terwyl kaasmakers sukkel om melkvoorraad in die hande te kry.

Reuters berig 5 850 versekeringseise is reeds sedert November ingedien, terwyl die geskatte waarde van dié verliese minstens A$260,3 miljoen beloop.

Die bosbrande het reeds ses miljoen hektaar in Nieu-Suid-Wallis en Victoria vernietig en 24 mense is al dood.

Meer as 480 miljoen diere het in die brande gevrek. – Reuters

Andrew O’Dwyer se dogter, Charlotte, soen haar pa se kis tydens die begrafnis. Foto: Reuters

Meer oor:  Australië-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.