Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brasiliane blameer nie hul president vir Covid-sterftes

Byna die helfte van Brasiliane meen glad nie pres. Jair Bolsonaro moet enige skuld kry vir die dood van hul meer as 100 000 landgenote aan Covid-19 nie.

Die land het teen Vrydag 106 523 sterfgevalle gehad en meer as drie miljoen bevestigde gevalle, die naasmeeste ter wêreld.

In ’n peiling deur Datafolha is bevind 47% van Brasiliane meen Bolsonaro is blaamloos. Net 11% blameer hom regstreeks vir die hoë dodetal.

Pres. Jair Bolsonaro Saterdag in Rio de Janeiro. Foto: Getty Images

Bolsonaro word wyd deur gesondheidskenners gekritiseer vir sy traak-my-nie-agtige houding teenoor die siekte.

Hy het lank geweier om ’n masker te dra en moes met ’n hofbevel gedwing word om aan regulasies daaroor gehoor te gee.

Hy is ook ’n voorstander van die malariamedisyne hidroksichlorokien as behandeling vir Covid-19 en is gekant teen inperkingsmaatreëls.

Bolsonaro en van sy familielede het reeds die virus opgedoen. Hy het daarvan herstel, asook sy vrou, Michelle. Haar ouma het wel verlede week daaraan gesterf.

Bolsonaro se 22-jarige seun by sy vorige vrou, Jair Renan, het ook nou die virus onder lede.

Tog is Bolsonaro tans gewilder as ooit in sy presidentskap. Volgens die peiling meen 37% hy kwyt hom oor die algemeen goed van sy taak, teenoor 32% in Junie.

Datafolha sê dit is waarskynlik te danke aan die noodbetalings wat weens die pandemie aan werkers in lae-inkomstegroepe gedoen is. – Reuters

Meer oor:  Brasilië  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.