Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brasilië: 200 vermis ná dam ineenstort

’n Dam wat gebruik word om uitskot van mynbedrywighede op te gaar het Vrydag in Brasilië ineengestort.

Volgens die BBC het ’n see van slik uit die dam na omliggende gebiede versprei en word bykans 200 mense in dié chaos vermis.

’n Dam, wat gebruik word om uitskot van mynbedrywighede op te gaar, het Vrydag in Brasilië ineengestort.Foto: Verskaf

Die plaaslike brandweer in Minas Gerais, waar die voorval gebeur het, kon nie aan die media bevestig of daar enige sterftes was nie.

Noodwerkers is onmiddellik na die gebied ontplooi en inwoners wat naby die dam woon, is deur owerhede na veiligheid gebring. Agt mense is intussen in die hospitaal opgeneem.

The Guardian berig dié ramp het gebeur in die munisipale gebied van Brumadinho by ’n ysterertsmyn wat deur ’n plaaslike mynmaatskappy bestuur word. ’n Televisiekanaal het Vrydag gewys hoe ’n helikopter meters van die grond in die lug hang terwyl ’n vrou deur noodwerkers uit die slik getrek word.

’n Ander nuustelevisiekanaal het brandbestryders, besmeer met modder, gewys wat by die toneel aankom.

Jair Bolsonaro, die Brasiliaanse president, het getwiet dat hy drie ministers na die ramptoneel stuur.

Volgens DW.com het owerhede op die toneel aan die Franse nuusagentskap AFP gesê dat “verskeie mense” in die ramp omgekom het.

Lugfoto’s van die omgewing wys hoe die slik eiendom beskadig. Die grondgevulde dam is in 1976 gebou en het volgens ’n plaaslike omgewingsbeskermingsagentskap 1 miljoen kubieke meters uitskot gehou.

Meer oor:  Brasilië  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.