Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brasilië: Bendes speel glo ‘sokker’ met afgekapte koppe

Bendelede van ’n tronk-geveg in Brasilië het blykbaar die afgekapte koppe van hul slagoffers rondgeskop.

Polisiebeamptes en soldate buite ’n tronk in Almira, Brasilië, waar minstens 57 mense in bendegevegte dood is. Foto: Reuters

Minstens 57 gevangenes is dood, waarvan 16 se koppe afgekap is, het ’n verteenwoordiger van die staat Para Maandag gesê.

Reuters kon egter nie bevestig dat video-materiaal van die makabere rondskoppery spesifiek uit daardie tronk kom nie.

Dit was die jongste dodelike botsing terwyl Brasilië se owerhede probeer om die land se oorvol tronke te beheer.

Die voorval het Maandagoggend omstreeks 07:00 in ’n tronk in die noordelike stad Altamira begin toe gevangenes van die bende Comando Classe A ’n sel met lede van die bende Comando Vermelho aan die brand gesteek het, lui ’n verklaring van Para.

Die meeste van die gevangenes is in die brand dood.

In Mei vanjaar is 150 gevangenes dood voordat orde herstel kon word, weke nadat twee bendes in ’n tronk in Amazonas mekaar getakel het. – Reuters

Meer oor:  Brasilië  |  Gevangenes  |  Bendes  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.