Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Breek bande met Israel – Mandela-koningshuis

Jerusalem sal altyd die hoofstad van Palestina bly.

So het Nkosi Zwelivelile (Mandla) Mandela Donderdag in ’n verklaring namens die Mandela-koningshuis gesê.

Die LP en tradisionele stamhoof van Mvezo in die Oos-Kaap sê pres. Donald Trump se “onwettige dade om Jerusalem die hoofstad van Israel te verklaar, is ’n teken van aggressie teenoor Palestyne en alle ander aanhangers van vryheid in die wêreld”.

Mandla Mandela.Foto: Felix Dlangamandla

“Dit bevestig weer eens die Amerikaanse regime is aan die verkeerde kant van die geskiedenis. Net soos hulle die wreedheid van apartheid-Suid-Afrika ondersteun het, ondersteun hulle nou apartheid-Israel en sy voortdurende Palestynse volksmoord.”

Mandela sê Trump se verklaring daag internasionale wetgewing uit en het ’n bespotting van die vredesproses gemaak.

“Slegs die uiters stapelgek en waansinniges kan sulke duistere dade van aggressie teen die Verenigde Nasies-erkende Palestynse regte as ’n ‘bydrae tot vrede’ sien,” sê Mandela.

Mandela sê Trump se aankondigings gooi petrol op die vuur van “apartheid-Israel” en hy doen ’n beroep op die burgers van Amerika en burgerregteorganisasies om hulself van die “onwettige dade te distansieer” en “hul president en leierskorps onder beheer te bring”.

“Julle het teen die Amerikaanse regering gestaan toe hulle Apartheid Suid-Afrika ondersteun het. Moenie nou stil wees terwyl Trump op die regte van Palestyne trap nie.”

Ons doen verder ’n beroep op hulle om alle diplomatieke, kulturele en handelsbande met apartheid-Israel te verbreek.

Hy doen verder ’n beroep op die Suid-Afrikaanse parlement om die “dade van aggressie en skending van internasionale wetgewing” te veroordeel.

“Ons staan vas in oudpres. Nelson Mandela se voetspore dat Suid-Afrika se vryheid onvolledig is sonder die vryheid van Palestyne,” sê hy.

“Ons doen ’n beroep op afgevaardiges in die komende ANC- nasionale konferensie om die aankondiging te veroordeel. Ons doen verder ’n beroep op hulle om alle diplomatieke, kulturele en handelsbande met apartheid-Israel te verbreek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.