Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Britse parlement stem wéér teen algemene verkiesing

Lede van die Britse laerhuis het wéér Boris Johnson, premier van Brittanje, se versoek om ’n algemene verkiesing te hou van die hand gewys.

Johnson het Maandag invloed verloor oor Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU) met ’n wet wat in werking getree het wat vereis dat hy Brexit tot 2020 moet uitstel, tensy hy volgende maand op ’n EU-beraad ’n skeidingsooreenkoms kan sluit.

Die wet verplig hom om uitstel te vra indien hy nie ’n uittree-ooreenkoms kan bereik nie, en EU-leiers het reeds herhaaldelik gesê dat hulle nog geen spesifieke voorstelle ontvang het nie.

Johnson het Dinsdagoggend gesê sy regering sal aanhou werk om ’n ooreenkoms te beklink, terwyl hulle ook voorberei om die EU sonder ’n ooreenkoms te verlaat.

Johnson het ná afloop van die stemmery, wat Dinsdag tot in die vroeë oggendure geduur het, benadruk hy sal op 17 en 18 Oktober met een doel voor oë na die EU-beraad gaan.

"Maak nie saak hoeveel maniere dié parlement vind om my hande te bind nie, ek sal daarna streef om ’n ooreenkoms in die nasionale belang te bereik. Hierdie regering sal Brexit nie verder vertraag nie.”

Die parlement is nou tot 14 Oktober opgeskort.

’n Wetsontwerp wat keer dat Brexit sonder ’n ooreenkoms plaasvind, is Maandag aanvaar toe koningin Elizabeth dit bekragtig het.

“Ek is nie ontmoedig deur wat in die parlement mag gebeur nie,” het Johnson in Dublin voor sy samesprekings met die Ierse premier, Leo Varadkar, gesê.

“Ons moet Brexit afgehandel kry, want die Verenigde Koninkryk moet op 31 Oktober uit, anders vrees ek dit sal permanente skade aangerig en vertroue in ons demokrasie knak,” het Johnson gesê.

Intussen het die speaker, John Bercow, Maandag aangekondig dat hy uit sy pos gaan bedank. Hy het die regering gewaarsku om nie die parlement te “verneder” nie. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.