Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Britte gaan EU vir uitstel vra

Britse LP's het Donderdagaand met 412 stemme teenoor 202 ingestem dat premier Theresa May die Europese Unie moet vra vir uitstel om Brexit te vertraag.

Dit beteken die Verenigde Koninkryk sal die EU dalk nie verlaat op 29 Maart soos die plan was nie, berig die BBC.

May sê Brexit kan met drie maande uitgestel word tot 30 Junie indien LP's haar uittreeplan volgende week in 'n stemming steun.

Indien hulle haar plan wéér verwerp, sal sy langer uitstel vra, maar daar moet in ag geneem word dat die 27 ander EU-lede ook moet toestem tot die uitstel.

Daar sal waarskynlik nou weer volgende week oor haar plan gestem word, waar LP's sal moet besluit of hulle 'n plan gaan steun wat nie 'n skoon uittrede uit die EU sal verseker nie, of aanvaar dat Brexit verwater gaan word of gekortwiek gaan word deur 'n lang vertraging, berig Reuters.

Meer oor:  Theresa May  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.