Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: ‘Dit kan nog na enige kant gaan’

Brittanje en die Europese Unie (EU) was Woensdag blykbaar nader aan ’n Brexit-handelsooreenkoms ná samesprekings tussen die twee partye in Brussel.

Hoewel diplomate meen ’n finale ooreenkoms is nog lank nie bereik nie, is daar aanduidings dat Engeland en die EU ’n ontwrigtende ekonomiese breuk op 1 Januarie sal kan vermy. Nie Brittanje of die EU wou amptelik bevestig dat ’n ooreenkoms voor die deur is nie.

’n Bron in die EU se uitvoerende komitee het gesê die samesprekings is nog aan die gang, maar is “in die pylvak”. ’n Ander bron meen egter die kans bestaan nog dat ’n ooreenkoms nie bereik sal word nie. “Dit kan nog na enige kant gaan”.

’n Bron in die Britse regering was ook versigtig en wou net sê: “Die onderhandelings duur voort”.

Vistreilers wag Dinsdag vir die laaste oggendvismark van die jaar in Newlyn, Engeland. Onderhandeling oor toegang tot Britse viswaters is een van die redes waarom ’n handelsooreenkoms nog nie tussen Engeland en die EU bereik kon word nie. Foto: Getty Images

Sedert Brittanje die EU op 31 Januarie verlaat het, het onderhandelaars ’n handelsooreenkoms probeer beklink.

’n Ooreenkoms sal verseker dat die handel in goedere tussen Brittanje en die EU, wat jaarliks triljoene werd is, nie aan kwotas of invoertariewe blootgestel word nie.

Robert Jenrick, Brittanje se minister van behuising, het egter bevestig twee sake – visvang en mededinging – dreig steeds om die onderhandelinge te ontspoor.

’n Beampte van Frankryk het aan Reuters gesê die Britte het “yslike toegewings” oor toegang tot hul viswaters gemaak in hul onderhandelings die afgelope 48 uur.

Dié onthullings was goed vir die Britse pond, wat met 1,1% versterk het teen die dollar weens die vooruitsig dat ’n ooreenkoms beklink sal word.

Boris Johnson, Brittanje se eerste minister, en Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie was deurentyd in kontak en die verwagting is dat hulle weer binnekort sal vergader. – Reuters

Meer oor:  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.