Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit-druk op May neem net toe

Theresa May se regering het net drie dae om met ’n plan B vorendag te kom as die Britse parlement nie haar Brexit-planne wil goedkeur nie.

Theresa May, Britse premier, Woensdag buite haar amptelike woning, 10 Downing Street in Londen. Foto: AP

Die wetmakers het Woensdag met 308-297 gestem ten gunste van dié alternatief sou hul premier se omstrede plan om Brittanje uit die Europese Unie (EU) te neem, nie goedkeuring kry nie.

May sou oorspronklik 21 dae gehad om die sluier oor ’n alternatiewe plan te lig.

Brittanje moet die EU oor minder as drie maande verlaat.

Die parlement het Dinsdag ook ’n begrotingswetsontwerp goedgekeur wat die Britse tesourie se hande sal bind indien ’n Brexit-ooreenkoms nie gevind word nie.

May se gesukkel om die parlement se goedkeuring vir haar Brexit-plan te kry, wek kommer by sakeleiers en beleggers dat die land afstuur op ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms, wat groot skade kan aanrig.

Die stemming Woensdag in die parlement het weer gewys hoe benard May se posisie is.

Die parlement stem op 15 Januarie oor haar Brexit-ooreenkoms met die EU. Sy het dié stemming einde verlede jaar uitgestel toe sy besef sy kan die mosie verloor.

May is onder enorme druk om die ooreenkoms wat sy beding het, te verbeter, maar maak ook nie hond haaraf met die EU nie.

Brittanje verlaat die EU op 29 Maart. – Reuters en Financial Times, verwerk

Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Eu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.