Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Duitsland wil ‘sagte’ ooreenkoms aanbied

Daar is fluisteringe dat Duitsland ’n vae Brexit-ooreenkoms aan Brittanje wil aanbied in ’n poging om te keer dat hy geen ander keuse het as om die Europese Unie (EU) in 2019 sonder ’n ooreenkoms te verlaat nie.

The Guardian berig dit het paniek laat ontstaan in die sogenaamde ‘Remain’-kamp (diegene wat wil hê Brittanje moet deel bly van die EU en wat nou aandring op ’n tweede referendum daaroor) en dat Duitsland vinnig gespring het om die gerugte oor ’n ooreenkoms wat Theresa May, premier van Brittanje, uit haar huidige penarie kan red, hok te slaan.

Die ooreenkoms sou behels dat baie van die groot haakplekke eers nadat Brittanje die EU verlaat het tydens verdere onderhandelinge uitgestryk word.

Michel Barnier, hoofonderhandelaar van die EU, kan glo die ooreenkoms ter tafel lê as hy die steun van Frankryk en Duitsland het.

Die meeste EU-lande is bekommerd dat daar andersins glad nie ’n ooreenkoms bereik sal word nie.

Reuters berig Duitsland is veral bekommerd dat dit handelsgeskille ná Brexit tot gevolg kan hê. Brittanje is sy tweede grootste uitvoermark.

Joernaliste drom in 2016 saam by die Europese Unie se hoofkwartiere in Brussel waar Brexit bespreek is. Twee jaar later is daar meer vrae as antwoorde oor wat die ooreenkoms gaan behels. Foto: Reuters

Meer oor:  Europese Unie (Eu)  |  Michel Barnier  |  Brittanje  |  Duitsland  |  Brexit  |  Politiek  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.