Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: ‘Harde’ een kom, lyk dit

’n “Harde” Brexit lyk na ’n al hoe groter moontlikheid.

Boris Johnson in November verlede jaar met die bekendstelling van sy Konserwatiewe Party se verkiesingsmanifes. Foto: FRANK AUGSTEIN/AP

Sowel Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, as Boris Johnson, Britse premier, het Vrydag gesê dit lyk waarskynlik dat Brittanje die Europese Unie einde vanjaar sonder ’n ooreenkoms gaan verlaat.

Johnson het sakeondernemings aangeraai om reëlings te tref asof die onderhandelings sal misluk en Brittanje sal van Januarie ingevolge die Wêreldhandelsorganisasie se reëls met die EU sake doen. Dit sal volgens hom “wonderlik” vir Brittanje wees. “Ons sal kan doen net wat ons wil.”

Die onderhandelings duur nog vandag voort, waarna Von der Leyen en Johnson sal besluit of dit voortgaan. Die premier het glo wel vir sy span onderhandelaars gesê hulle moet alles in hul vermoë doen om ’n ooreenkoms te bereik.

’n Parlementslid van sy Konserwatiewe Party het gesê Johnson sal “die saad van sy eie vernietiging” saai as hy die EU se posisie aanvaar. Sy geloofwaardigheid is onlosmaaklik aan die Brexit-proses verbind. Hy was die “gesig” van die suksesvolle referendumveldtog in 2016 en onder sy leiding en met sy belofte “om Brexit af te handel” het die Tories verlede jaar ’n historiese verkiesingsege behaal. Lede van sy eie party is skepties oor sy hantering van die koronaviruspandemie en as hulle hom ook van verraad oor Brexit beskuldig, kan sy dae getel wees.

Die grootste verskille is oor die “gelyke speelveld” vir sakeondernemings, hoe ’n ooreenkoms afgedwing sal word en toegang tot die Britse viswater. – Bloomberg, Reuters

Meer oor:  Ursula Von Der Leyen  |  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.