Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Kanse vir ooreenkoms ‘vervaag elke dag’

Die hoof van die Europese Kommissie het Woensdag gesê die kans om ’n handelsooreenkoms met Brittanje te bereik raak by die dag skraler namate die Britse regering voortgaan met stappe wat so ’n verdrag oortree.

Die Britse regering het verlede week konsepwetgewing aangekondig en erken dat dit sy internasionale regsverpligtinge sou oortree en dele van die ooreenkoms ondermyn wat hy onderteken het voordat hy die Europese Unie in Januarie formeel sou verlaat.

Brussel wil hê die Britse premier, Boris Johnson, moet die wetsontwerp skrap en sê dat dit gesprekke oor toekomstige handelsreëlings kan verongeluk.

“Met elke dag wat verbygaan, vervaag die kans op ’n tydige ooreenkoms,” het Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, Woensdag gesê.

Von der Leyen het in ’n toespraak aan die Europese parlement gesê dat die skeidingsooreenkoms “nie eensydig kan verander, misken of toegepas kan word nie”.

“Dit is ’n kwessie van die wet, vertroue en goeie trou. Vertroue is die grondslag van enige sterk vennootskap,” het sy gesê.

Die EU is bang dat Brexit in wanorde sal ontaard as daar nie ooreengekom word op die voorwaardes van die handelsverhouding nie. Voormalige Britse politici het gesê die oortreding van internasionale reg sal die land se reputasie skade berokken.

Op ’n vraag Woensdag of die EU ter goeder trou onderhandel, het Johnson gesê: “Ek glo nie so nie. Miskien sal hulle my vermoede verkeerd bewys,” het hy gesê. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Europese Kommissie  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.