Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: May plaas kans van 2de referendum op tafel

Theresa May, die Britse premier, het Dinsdag met ’n nuwe ooreenkoms vorendag gekom vir Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie.

Sy het opposisiepartye suikerlekkers aangebied in haar vierde poging om die doodloopstraat in die parlement oor Brexit te bowe te kom.

Theresa May, Britse premier. Foto: Leon Neal/Getty Images

Dit is nou drie jaar sedert Brittanje gestem het om die EU te verlaat en byna twee maande ná die sperdatum vir sy onttrekking. May probeer nou ’n laaste keer om die erg verdeelde parlement se steun vir die skeidingsooreenkoms te kry.

Sy het wetmakers Dinsdag gevra om haar ooreenkoms te steun en het die moontlikheid van ’n tweede referendum oor die ooreenkoms en nouer handelsooreenkomste met die EU as ’n wortel voor hul neus gehou.

“Ek het toegewings gemaak, ek vra julle nou om dit te doen,” het sy gesê.

Deur die moontlikheid van ’n tweede stemming oor nóg ’n referendum aan te bied én te skik oor doeane-regulasies, hoop May om wetmakers van die Arbeidersparty oor te haal om haar plan te steun. Sy het hul stemme nodig om die teenstand vanuit haar eie Konserwatiewe Party te oorkom.

May was vroeër erg gekant teen ’n tweede referendum oor die aangeleentheid en om in die EU-blok te bly wat doeane-aangeleenthede betref. – Reuters

Meer oor:  Europese Unie (Eu)  |  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Referendum  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.