Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: May vandag weer terug in Brussel

Theresa May, Britse premier, keer Woensdag terug na Brussel, setel van die Europese Kommissie (EK), om 'n manier te vind om die bestaande Brexit-ooreenkoms deur die Britse parlement goedgekeur te kry.

Sy gaan met Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, vergader nadat Britse regeringsamptenare reeds die afgelope paar dae ook met die Europese Unie (EU) vergader het.

May hoop op 'n deurbraak in die groot knelpunt, die Ierse grenskwessie, oftewel die sogenaamde "backstop" in die bestaande ooreenkoms, waaroor reeds in November verlede jaar ooreengekom is, maar nie die steun van parlementslede in Londen geniet nie.

Daar sal op 27 Februarie weer gestem word.

BRUSSELS, BELGIUM - FEBRUARY 07: President of the
Theresa May, Britse premier, en Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, gaan weer ontmoet om oor Brexit te gesels.

Een van Juncker se personeellede meen hoewel die EK-president baie respek vir May het en 'n vriendelike gesprek met haar sal voer, verwag hy nie 'n deurbraak nie.

Brittanje moet die EU oor 37 dae verlaat, en die EU het al telkens aangedui dat hy nie bereid is om weer te onderhandel nie.

Meer oor:  Theresa May  |  Jean-Claude Juncker  |  Donald Tusk  |  Engeland  |  Brussel  |  Europese Unie  |  Brittanje  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.