Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit moontlik tot Januarie uitgestel

Brexit is moontlik wéér uitgestel nadat die Britse parlement Dinsdagaand Boris Johnson, die premier, se Brexit-plan aanvaar het, maar sy tydrooster oor wanneer Brexit moet plaasvind, verwerp het.

Soos vroeër berig, is Brittanje se vertrek uit die Europese Unie (EU) laat Dinsdag in chaos gedompel nadat die Britse parlement gesê het Johnson se ooreenkoms oor wanneer Brittanje die EU moet verlaat, is te streng.

Die sperdatum vir die skeiding is 31 Oktober nadat Brittanje die EU aanvanklik vroeg vanjaar in Maart moes verlaat.

Boris Johnson, Britse premier. Foto: Reuters

Dit blyk dat die EU die Britte nou moontlik tot 31 Januarie uitstel sal gee nadat Donald Tusk, president van die Europese Raad, in ’n twiet gesê het dat hy die 27 lidlande van die EU sal vra om Brittanje se skeidingsooreenkoms te aanvaar.

Die Europese Kommissie het, voordat Tusk oor Brexit getwiet het, reeds aangedui dat hy bewus is van wat in die Britse parlement gebeur het en dat hy verwag Brittanje moet hom inlig oor wat die volgende stap sal wees.

The Guardian berig ’n woordvoerder van die Europese Kommissie het gesê Tusk is reeds besig om met die kommissie te vergader sodat hulle Brittanje tot 31 Januarie 2020 uitstel kan gee.

Johnson het vroeër telkemale gesê dat hy sal seker maak Brittanje verlaat die EU op 31 Oktober – met of sonder ’n ooreenkoms. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.