Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Naweek se onderhandelinge loop op niks uit

Onderhandelaars van Brittanje en die EU het Sondag heeldag gewerk, maar kon nie tot ’n vergelyk kom oor ’n Brexit-ooreenkoms nie.

Hulle het gehoop op vordering voor ’n byeenkoms van EU-leiers Woensdag in Brussel.

Die haakplek bly Ierland.

Michel Barnier, EU-onderhandelaar, het ná sy vergadering in Brussel met Dominic Raab, Brittanje se Brexit-minister, gesê hulle kan nie saamstem oor die sogenaamde “backstop”-eise dat Noord-Ierland in die EU- ekonomiese sone bly, as daar die risiko is dat die beheer van die grens met Ierland (wat ’n lid van die EU is) die ou konflik tussen die twee weer laat opvlam nie. Verder het Brittanje ’n probleem met enige handelsbeperkings tussen Noord-Ierland en die res van die Verenigde Koninkryk.

Dominic Raab, Brittanje se Brexit-minister, kom Sondagoggend by die EU se hoofkwartiere in Brussel aan. Foto: Reuters

Leiers van die Europese Unie oorweeg ’n krisisberaad in November om gebeurlikheidsplanne op te stel ingeval Brittanje die EU verlaat sonder dat ’n behoorlike ooreenkoms beklink is.

Dit is belangrik vir die EU en Brittanje om binne die volgende maand ’n ooreenkoms te bereik sodat die EU- en Britse parlement tyd het om die plan goed te keur, voordat Brittanje volgende Maart die handelsblok moet verlaat.

Diplomate van die EU het Sondag gesê as ’n vergadering van EU-hoofde in die komende week in Brussel nie beslissende vordering maak nie, kan die handelsblok ’n noodberaad vir 17 en 18 November reël.

Meer oor:  Michel Barnier  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.