Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit-onderhandelings oor handel verby, sê Britte

Onderhandelings om ’n Brexit-handelsooreenkoms te bereik is verby, het die woordvoerder van Boris Johnson, Britse eerste minister, Vrydag bevestig en aangedui dat daar geen punt is om voort te gaan as die Europese Unie (EU) nie van standpunt verander nie.

Die EU het vroeër gesê onderhandelaars sal aanstaande week na Londen reis om die gesprekke voort te sit soos beplan, maar lord Frost, Brittanje se hoofonderhandelaar, voer aan daar is nou “geen rede” daarvoor nie, het die BBC berig.

“Die handelsgesprekke is verby: Die EU het dit tot ’n einde gebring deur te sê hulle wil nie hul onderhandelingsposisie verander nie,” het Johnson se woordvoerder gesê.

“Daar is geen punt in die onderhandelings as die EU nie van sy standpunt afsien nie.”

Boris Johnson, Britse eerste minister. Foto: Reuters

Johnson het vandeesweek se beraad met die EU gestel as die keerdatum vir die twee partye om ’n ooreenkoms te bereik, maar daar is nog nie eenstemmigheid oor visregte en staatshulp aan ondernemings nie.

Sy woordvoerder sê daar sal net ’n punt wees vir Michel Barnier, die EU-onderhandelaar, om aanstaande week besoek af te lê as hy bereid is om “al die kwessies aan die hand van regstekste op ’n versnelde wyse te bespreek”, berig Reuters.

“Of as hy bereid is om die praktiese aspekte van kwessies soos reis en vragvervoer te bespreek.”

Aparte onderhandelings oor die implementering van oorgangsgrensreëls vir Noord-Ierland gaan egter voort.

Johnson het die oggend gesê die land moet gereed maak om volgende jaar sonder ’n ooreenkoms handel te dryf, hoewel hy toe nog nie bevestig het dat die gesprekke verby is nie.

Hy het aangevoer dat die EU ongewillig is om Brittanje se verkose opsie van ’n omvattende vryehandelsooreenkoms, gegrond op sy bestaande ooreenkoms met Kanada, ernstig te oorweeg. Saamgestel deur Malherbe Nienaber

Meer oor:  Brexit  |  Brittanje  |  Onderhandelings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.