Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: Selfs plan met viskwotas

Vissersbote van die Europese Unie (EU) kan volgende jaar 47% van die toegelate kwota Noordsee-kabeljou in Britse waters vang en Britse vissersbote die res, voordat dit stelselmatig verminder tot 43% vir EU-bote teen 2026.

Dit is deel van die Brexit-ooreenkoms tussen Brittanje en die Europese Unie (EU) wat beklink is op Kersdag, kort voordat Brittanje die EU op 1 Januarie verlaat. Daarsonder sou handel en ander dienste tussen die partye in chaos kon verval.

Dié kwessie van beheer oor Britse waters was belangrik vir Britte in die 2016-veldtog om die EU te verlaat.

Verskeie aktiviste is egter reeds krities oor die uiteindelike ooreenkoms.

Franse, Deense en Nederlandse vissers is veral afhanklik van toegang tot Britse waters met elkeen van hulle wat meer as 100 000 ton vis per jaar hier vang. Ná 2026 sal Brittanje EU-bote heeltemal kan uitsluit, maar kan dan uitvoerbelasting in die gesig staar.

Die Britse parlement sal Woensdag oor die ooreenkoms stem. Die Arbeidersparty het aangedui hy sal dit steun. – Saamgestel uit die BBC, Bloomberg en Reuters

Meer oor:  Brittanje  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.