Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brexit: ‘Skraal kans op ooreenkoms’

Daar is skaars drie weke oor voordat Brittanje uiteindelik die Europese Unie (EU) verlaat en die kanse is skraal dat ’n handelsooreenkoms voor dan bereik sal kan word.

Boris Johnson, Britse premier, vergader Woensdag met Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, in Brussel om ’n ooreenkoms te probeer beding.

’n Bron in die Britse regering sê ’n ooreenkoms is dalk nie moontlik nie. Michel Barnier, die EU se hoofonderhandelaar oor Brexit, stem saam.

“Die EU moet iets toegee,” het Michael Gove, ’n senior minister in Johnson se regering, aan Times Radio gesê.

Boris Johnson, die Britse premier, en Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, vroeër vanjaar. Foto: Reuters

Hy meen wel ’n een-tot-een-vergadering tussen leiers kan tot ’n deurbraak lei. Hy sê ’n kompromis is moontlik oor visvangregte in Britse waters – een van die taaiste kwessies tot dusver.

Dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier, meen daar is steeds ’n kans op ’n ooreenkoms, maar sê die integriteit van die EU-mark moet behoue bly.

’n Gebrek aan ’n ooreenkoms kan ’n warboel by grense veroorsaak, ’n skok op die finansiële markte wees en chaos veroorsaak in voorsieningskettings oor Europa heen en verder – en dit terwyl die wêreld die omvangryke ekonomiese koste van die koronaviruspandemie moet hanteer.

Leo Varadkar, die Ierse adjunkpremier, meen wel daar is ’n 50%-kans op ’n ooreenkoms.

“Dit verg uiteindelik ’n bietjie politiek en dat albei kante ’n bietjie toegee. Maar ek dink dit is moontlik,” het hy aan RTE-radio gesê.

Hy was vroeër nou betrokke by die Brexit-onderhandelinge toe hy nog die Ierse premier was.

Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.