Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse duiker gaan nie vir Musk jammer sê

“Ek het die duikboot beledig. Ek het nie vir meneer Musk self beledig nie. Ek is nie seker hoekom ek om verskoning moet vra nie. Dit was my opinie en ek staan daarby.”

Só het Vernon Unsworth, die Britse duiker wat die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk hof toe gesleep het, Donderdag op die derde dag van hofverrigtinge in ’n federale hof in Los Angeles, Amerika, getuig.

Musk se prokureur het Unsworth gepols om vir Musk om verskoning te vra omdat hy Musk se mini-duikboot beledig het.

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk. Foto: Reuters
Die Britse duiker Vernon Unsworthh.Foto: Getty Images

Unsworth het ’n saak teen Musk gemaak nadat Musk hom verlede jaar op Twitter ’n “pedo guy” genoem het.

Dié voorval het in Julie 2018 plaasgevind nadat Unsworth gehelp het om 12 sokkerspelers en hul afrigter uit ’n grot in Thailand te red. Hulle was in die grot vasgekeer omdat die grot weens die moesonreën met water gevul is.

Musk het toe, terwyl die hele wêreld die planne wat beraam word om die kinders te red, ’n mini-duikboot van sy SpaceX-maatskappy na die grotduikers geneem en voorgestel dat hulle sy mini-duikboot kan gebruik.

Die duikers het sy aanbod van die hand gewys, waarna Unsworth, wat een van die duikers was, op 13 Julie 2018 tydens ’n CNN-onderhoud gesê het dat Musk se mini-duikboot net ’n reklamefoefie was.

Musk het daarna teruggekap en Unsworth ’n pedofiel op Twitter genoem, waar hy meer as 22 miljoen Twitter-volgelinge het.

Musk het Dinsdag in die verhoor getuig dat hy nie geweet het Unsworth is een van die duikers wat die kinders gehelp red het, toe hy hom ’n pedofiel genoem het nie.

“Ek het gedink hy (Unsworth) was net een of ander grillerige ou. Ek het daardie tyd gedink hy het niks met die reddingspoging uit te waai nie,” het Musk Dinsdag getuig, waarna hy gesê het dat sy twiet nie letterlik opgeneem moes word nie.

Unsworth voer aan dat Musk se twiet sy reputasie skade berokken het.

Die jurie sal Vrydag vergader om oor die saak te besluit. – Reuters

Meer oor:  Elon Musk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.