Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse LP’s stem om besluit oor Brexit-ooreenkoms uit te stel
Boris Johnson, premier van Brittanje, praat op Saterdag se debat oor Brexit in die parlement. Foto: Reuters

Britse LP’s het Saterdag gestem om ’n besluit oor die Brexit-ooreenkoms van premier Boris Johnson uit te stel. Hulle sê hulle het meer tyd nodig om die inhoud daarvan te bestudeer voor die sperdatum van 31 Oktober.

Wetgewers steun ’n wysiging wat die regering effektief dwing om ’n verlenging tot Januarie aanstaande jaar te versoek, terwyl die voorgestelde binnelandse wetgewing ondersoek word om die ooreenkoms met Brussel af te dwing.

Johnson het Saterdag belowe om by die Brexit-sperdatum van 31 Oktober te hou, ondanks die feit dat LP’s meer tyd gewen het om ’n skeidingsooreenkoms te bestudeer wat hy met Brussel gesluit het.

Hy het aan die parlement gesê die “betekenisvolle stemming” oor sy skeidingsooreenkoms met die Europese Unie is “betekenisloos”, maar het bygevoeg: “Ek sal nie vir ’n vertraging met die EU onderhandel nie en die wet verplig my ook nie om dit te doen nie.”

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.