Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse minister van gesondheid bedank ná soen

Matt Hancock, Britse minister van gesondheid, het Saterdagaand sy bedanking op Twitter aangekondig.

Hancock sê in ’n video wat op Twitter geplaas is, hy het die premier, Boris Johnson, besoek en sy bedanking ingedien.

Matt Hancock, die Britse minister van gesondheid, praat Maandag op ’n mediakonferensie in 10 Downing Street in Londen. Foto: Reuters

“Ek verstaan die enorme opoffering wat elkeen in dié land gemaak het, wat jy gemaak het. En dié van ons wat die reëls maak, moet daarby hou.

“Dit is hoekom ek moet bedank.

“Ek wil mense bedank vir hul opofferings en vir wat hulle gedoen het. Almal wat in die NHS werk, maatskaplike dienste, almal wat betrokke is by die entstofprogram, en almal in die land,” sê hy in die video.

Hy sê verder hy is trots daarop dat hulle die vinnigste ter wêreld was om entstof wat gesondheidswerkers moet beskerm, by hulle uit te kry.

Hy sê hy sal die regering en premier voortaan uit die “agterste banke” ondersteun.

Druk het sedert Vrydag toegeneem op Johnson om Hancock af te dank nadat hy Covid-19-maatreëls oortree het deur ’n werknemer te soen.

boris johnson, britse premier
Boris Johnson, Britse premier. Foto: Reuters

Hancock was aan die voorpunt van die regering se geveg teen die pandemie en het gereeld vir mense gesê om by die streng inperkingsmaatreëls te hou.

Hy het verlede jaar die bedanking verwelkom van ’n wetenskaplike wat ook die reëls verbreek het.

Hy het Vrydag om verskoning gevra nadat The Sun ’n foto gepubliseer het van waar hy ’n senior werknemer verlede maand in sy kantoor soen. Dit was in ’n tyd toe intieme kontak met iemand buite jou huishouding verbied is.

“Ek aanvaar ek het die reëls oor die handhaaf van ’n gesonde afstand in dié omstandighede verbreek,” het Hancock gesê. “Ek het mense teleurgestel en ek is baie jammer.” – Reuters

Meer oor:  Matt Hancock  |  Boris Johnson  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.