Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse oorlogsveteraan stap 100 keer om sy tuin

“Die son sal weer skyn’, sê kapt. Tom Moore (99).

Die Britse oorlogsveteraan het 100 keer om sy tuin gestap en sowat £15,4 miljoen vir die nasionale gesondheidsdiens (NHS) ingesamel.

“Vir al die mense wat dit nou moeilik vind: Die son sal weer op jou skyn en die wolke sal weggaan,” het Moore gesê, geklee in ’n baadjie en das met sy oorlogsmedaljes vasgespeld nadat hy sy staptog voltooi het.

Dit is ongelooflik dat mense so vriendelik sal wees om geld vir die nasionale gesondheidsdiens te gee.

Die afgetrede weermagkaptein gebruik ’n loopraam met wiele sedert hy sy heup gebreek het. Hy het besluit om 100 keer om sy tuin te loop voor sy 100ste verjaardag op 30 April.

Moore het in Yorkshire, Noord-Engeland, grootgeword en het tydens die Tweede Wêreldoorlog in Indië en die destydse Birma en Sumatra gedien.

Hy sê die stap-uitdaging is deur die Britse NHS geïnspireer nadat hy mediese hulp vir sy gebreekte heup en kanker ontvang het. Sy oorspronklike teiken was om £1 000 in te samel, maar dié beskeie doel het verdwyn toe die media op sy uitdaging begin fokus het.

Tom Moore
Kapt. Tom Moore. Foto: AP

Moore sê die geld wat hy van meer as 750 000 ondersteuners gekry het, is ’n “absoluut fantastiese bedrag”.

“Dit is ongelooflik dat mense so vriendelik sal wees om geld vir die NHS te gee,” sê hy.

Dié storie het die harte van die hele land gesteel. Ben Stokes, Engelse krieketspeler, sê hy hoop dat hy soos Moore kan beweeg wanneer hy 50 is, “wat nog te sê van 100”.

Boris Johnson, premier van Brittanje, wat herstel nadat hy in die hospitaal behandeling vir Covid-19 ontvang het, sal maniere oorweeg om Moore te vereer.

“Tom se heldhaftige pogings het die land aangegryp en ’n ongelooflike bedrag ingesamel vir hardwerkende NHS-personeel,” het Johnson se amptelike woordvoerder gesê.

Moore het Donderdag meer as 20 000 handtekeninge gehad om tot ridder geslaan te word en kom ook in aanmerking om as Britse sportpersoonlikheid van die jaar aangewys te word, ’n eer wat Stokes in 2019 te beurt geval het. - Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.