Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse premier waaksaal toe geskuif weens Covid-19

Boris Johnson (55), Britse premier, is Maandagaand na die waaksaal van die St. Thomas-hospitaal in Londen geskuif nadat hy Sondag in die hospitaal opgeneem is.

Johnson is tien dae gelede positief vir die koronavirus getoets en is aanvanklik in die hospitaal opgeneem om toetse te ondergaan. Sy simptome het koors en hoes ingesluit, berig die BBC.

Die besluit is deur sy mediese span geneem nadat sy toestand deur die loop van Maandag versleg het, berig The Guardian

Die premier is by sy bewussyn en is as voorsorgmaatreël geskuif vir ingeval hy ventilasie benodig.

Hy het Dominic Raab, minister van buitelandse sake, aangewys om as premier waar te neem, het ’n woordvoerder aan die BBC gesê.

Johnson het vroeër op sy Twitter-rekening gesê dit gaan goed met hom ondanks simptome van die virus. “Die briljante span kyk baie goed na my en ons werk saam om hierdie virus te beveg,” het hy geskryf.


Meer oor:  Boris Johnson  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.