Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse verkiesing: nou vir die uitslae

Die stembusse in die derde algemene verkiesing in net meer as vier jaar in Brittanje sou Donderdag om middernag (SA tyd) sluit.

Die eerste uitslae is sowat ’n uur later verwag in dié belangwekkende verkiesing wat beskou word as een van die belangrikstes in die Britse geskiedenis.

Sogenaamde exit poll’s (meningspeilings wat onder die land se sowat 46 miljoen geregistreerde kiesers gedoen is nadat hulle gestem het) sou waarskynlik minute nadat die 40 000 stembusse op ’n koue en nat dag in 650 kiesafdelings in Engeland, Wallis, Skotland en Noord-Ierland gesluit het, bekend gemaak word.

stem
Kiesers in Brittanje het in die koue, nat weer in lang toue gestaan om hul kruisies in die algemende verkiesing te trek. Foto: Reuters

Dít sal ’n goeie aanduiding gee van hoe die verkiesing verloop het. Die verwagting is dat die stempersentasie die hoogste in baie jare sou wees.

Die uitslag sal bepaal of Boris Johnson, die 55-jarige Britse eerste minister, genoeg steun in die Westminster-parlement sal hê om seker te maak Brittanje verlaat die Europese Unie (EAU) aan die einde van Januarie.

Behaal hy nie ’n volstrekte meerderheid nie, bestaan die moontlikheid dat ’n tweede referendum oor die saak gehou kan word wat dalk ’n einde kan maak aan die sogenaamde Brexit-plan.

Reuters berig al die vernaamste meningspeilings het daarop gedui dat Johnson se Konserwatiewe Party (Tories) sou wen, maar die Britte weet die meningspeilings was met die Brexit-referendum in 2016 verkeerd.

Die Arbeidersparty van Jeremy Corbyn het in die laaste paar dae veld gewen teen die Tories.

Johnson het erken dit is nie maklik om te voorspel wat die uitslag sal wees nie.

Die vertoning van die Brexit-party van Nigel Farage, die Liberaal-Demokrate, die Skotse Nasionale Party en die Demokratiese Unioniste (DUP), kan ook ’n groot invloed op die uitslag van die verkiesing hê.

Die Tories moet 326 van die 650 setels verower om ’n volstrekte meerderheid te behaal.

Met die vorige verkiesing in 2017 het die Tories 330 setels (36,9%) verower teenoor die Arbeiders se 232 (30,4%).

*Hou Netwerk24 dop vir meer inligting later Vrydagoggend.

britse stem
Dis die eerste keer wat die Britte in Desember stembus toe gaan sedert 1923. Foto: Reuters
Britains Prime Minister and Conservative Party lea
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het Donderdag in die Methodist Central Hall naby 10 Downing Street in Westminster gaan stem. Sy hond, Dilyn, was saam met hom. Foto: AP
’n Windhond wag Donderdag buite ’n stembus in Brittanje. Baie van die kiesers wat in die Britse algemene verkiesing gestem het, het hul honde op ’n koue en nat dag saamgebring stembus toe. Foto: AP

Meer oor:  Boris Johnson  |  Britse Verkiesing  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.