Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britse verkiesing: Uitlek van dokumente ‘dui dalk op inmenging’

Die bekendmaking op die internet van geklassifiseerde handelsdokumente tussen Brittanje en Amerika kan volgens kenners dui op “buitelandse inmenging (van Rusland)” in die Britse verkiesing.

Volgens die dokumente, wat al op 21 Oktober versprei is, is Boris Johnson se Konserwatiewe Party aan’t konkel met Amerika om die Britse National Health Service aan hulle te verkoop in ruil vir handelsooreenkomste.

Navorsers aan Brittanje se Oxford- en Cardiff-universiteit en ontleders van Graphika, ’n sosialemediamaatskappy, sê die manier waarop die dokumente versprei is, herinner aan Secondary Infektion, ’n veldtog waarmee vals inligting op 30 aanlynplatforms versprei is en wat volgens Facebook “uit Rusland kom”.

“Dis dieselfde stel webtuistes, dieselfde tipe rekeninge en dieselfde taalfoute (wat gemaak word). Dit is óf die Russiese operasie, óf iemand wat hard probeer om dit so te laat lyk,” sê Ben Nimmo, hoof van ondersoeke by Graphika.

Reuters berig hy kon nie vasstel of die dokumente eg is nie.

Die Britse Arbeidersparty en die regerende party wou nie op navraag kommentaar lewer nie.

Kuberkenners sê dit is moeilik om die oorsprong van kwaadwillige aksies aanlyn met presisie na te speur.

Moskou het die bewerings ontken dat hulle met ander lande se verkiesings inmeng. Die Kremlin het nie reageer op ’n versoek om kommentaar nie.

Lisa-Maria Neudert, ’n navorser van Oxford se projek oor rekenaarpropaganda, sê indien Rusland agter die uitlek van die dokumente sit, was die doel daarvan nie om enige van die partye in die verkiesing te bevoordeel nie.

“Ons weet uit die verlede dat Rusland dikwels nie teen of vir iets is nie, maar net mense deurmekaar wil maak en politieke wantroue wil saai.”

Facebook wou ook nie kommentaar lewer nie. – Reuters

Meer oor:  Britse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.