Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britte kan nou 2 keer per week vir virus toets

Die Britte sal hulle nou twee keer per week vir die koronavirus kan laat toets in die jongste veldtog om tred te hou met die Covid-19-pandemie, het Boris Johnson, premier van Brittanje, Maandag gesê.

Hy sê so ’n grootskaalse toetsing sal die virus se verspreiding bekamp en asimptomatiese gevalle identifiseer.

Terwyl groot dele van Europa nuwe inperkings ingestel het om die derde vlaag van die pandemie te bekamp, beplan Johnson om die Britse ekonomie in die komende maande geleidelik te heropen, wat ’n groot ekonomiese hupstoot sal wees vir een van die lande wat die ergste onder die pandemie deurgeloop het.

Skotland, Wallis en Noord-Ierland volg hul eie, maar soortgelyke weg uit die streng inperking wat aan die begin van die jaar in Brittanje ingestel is.

Johnson sal na verwagting later Maandag aankondig dat alle kleinhandelondernemings, gasvryheidsondernemings wat in die buitelug sake doen en haarsalonne teen 12 April in Engeland sal kan heropen en dat ’n “verkeersligstelsel” vir internasionale reis ingestel sal word op grond van ander lande se infeksie- en inentingsvlakke.

Daar word toetslopies gedoen vir “inentingspaspoorte” om massageleenthede te kan bywoon.

Edward Argar, die junior minister van gesondheid, sê die toetse sal na huise of ondernemings gestuur word of kan by apteke of toetssentrums afgehaal word. Hy is “vol vertroue” dat mense wat positief toets, hulself sal afsonder.

“Mense doen die regte ding,” het hy aan Sky News gesê.

Meer as die helfte van alle volwassenes in Brittanje is reeds met die AstraZeneca- en Pfizer-entstof ingeënt. Die heropening van skole in Maart het tot dusver nie in ’n toename tot infeksies gelei nie, selfs te midde van ’n toename in die getal toetse wat gedoen word. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Covid 19  |  Covid-19-Variante  |  Koronavirus  |  Toetse  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.