Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britte stem om Brexit verder uit te stel

Die Britse laerhuis het Woensdag in die parlement gestem om Theresa May, premier, terug te stuur na die Europese Unie (EU) sodat sy vir langer uitstel vir Brexit kan vra. Die doel is dat Brittanje nie die EU op 12 April sonder 'n ooreenkoms verlaat nie.

Dié wetgewing wat deur Yvette Cooper van die opposisieparty gebring is, is binne ses uur deur al die fases van die laerhuis gejaag, waarna dit met net een stem gewen het.

Cooper se wetgewing om May terug te stuur het met 313-312 gewen, maar dit sal eers deur die Britse hoërhuis goedgekeur moet word.

May het reeds Dinsdag aangedui dat sy weer vir uitstel sal vra sodat sy met Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, kan vergader en saamwerk sodat hulle haar Brexit-ooreenkoms, wat nou al drie keer verwerp is, in die parlement goedgekeur kan kry.

'n Brexit-uitstel sal egter deur die EU-leiers goedgekeur moet word.

Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, het vroeër in Brussel, België, gesê dat die uitstel nie meer kort sal wees nie.

Die EU het Brittanje tot 10 April gegee om hul Brexit-planne agtermekaar te kry, anders moet hulle die EU teen 12 April met of sonder 'n ooreenkoms verlaat. – Reuters

Meer oor:  Jeremy Corbyn  |  Theresa May  |  Jean-Claude Juncker  |  Brittanje  |  Brexit  |  Europese Unie  |  Ooreenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.